Alhoewel hulle nie so algemeen soos by voorkom nie is 'n voorkoms van
'n hele swerm perdebye meer skrikwekkend om te aanskou. Perdebye is
geneig om hulle nes meer aggresief te verdedig as gewone bye.
Die alleenloper perdeby kom algemeen voor en is nie afhanklik van enige
sosiale struktuur ssos die wat in 'n kolonie voorkom nie. Alleenloper
perdebye is selde 'n bedreiging.
Die sosiale of kommune ge-orienteerde perdeby is die wat hul korf bou
wat baie na 'n bal lyk. 'n Sosiale kolonie sal bestaan uit 'n koningin
perdeby en die res van die kolonie sal uit steriele vroulike werkers
bestaan waar tussen enkele manlike perdebye teenwoordig is. Die manlike
perdebye word in die kolonie gehou vir voortplantings doeleindes.
Peredebye is roofdiere en parasiete. Dit beteken dat hulle ander insekte
sal gebruik, dikwels spinnekoppe, as 'n plek om hulle eiers te lê
waar die larwes aan hul gasheer kan voer. Volwasse perdebye sal soms
blomme besoek om nektar te eet, soms eet hulle vrugte of aas.
Skakel nou om jou perdeby probleem
te laat verwyder! 081 209 5384
Perdeby neste
Perdebye hou van die son, en indien hulle nie in die natuur is nie
sal hulle 'n nes bou waar die son dit kan by kom byvoorbeeld.
Teen die muur van 'n huis.
Onder 'n afdak.
Onder vensterbanke wat 'n bietjie uitsteek.
In 'n boom
in bosse
of op 'n oop stoep
Hoe lyk 'n perdeby nes?
Perdeby neste is oop wanneer hulle gebou word maar die koningin sal
eiers begin lê sodra daar selle beskikbaar is.
Sommige neste lyk soos 'n bal, dit is gewoonlik as die nes al vir 'n
ruk daar was of as daar baie perdebye teenwoordig is, dit help die bou
proses vinniger laat gaan.
Die nes is gemaak van plantmateriaal wat die perdeby kou en die voorkoms
van papier het, of die nes is gebou uit modder/klei wat deur die perdeby
versamel is en in klein balletjies aangwend om die nes te vorm, dit
lyk baie na 'n swael-nes.
Ons is so vinnig moontlik daar!!!!!!!!!!!!
Bye en perdebye is nie vriende nie
Hierdie video wys hoe perdebye 'n byekorf binne dring.